Daniël Bouwer
Waarna sien jy die heel meeste uit as Welpie van 2025?
Om 'n opwindende nuwe fase van my lewe by 'n skool so wonderlik soos Helpies te begin!

As jy vir die res van jou lewe net een tipe kos kon eet, wat sou dit wees?
Hamburgers (Big Macs)

Veronderstel jou lewe is 'n videospeletjie. Wat is die naam van die speletjie en wat is jou spesiale vermoë?
"Sterre-swewer" en my vermoë is om te kan vlieg.

As jy 'n reël of wet kon maak wat almal in die wêreld vir een dag moes volg, wat sou dit wees?
Almal op aarde moet elkeen R1 vir my gee.

‘n Helpie is sinoniem met…
n Persoon wat omgee.

As jy enige karakter uit 'n film of boek vir 'n dag kon wees, wie sou jy wees en hoekom?
Johnny English - ek sou al die kriminele wat kwaad doen op aarde, vang!

Jy word die geleentheid gegee om enige liedjie te speel. Watter liedjie kies jy?
You Say - van Lauren Daigle