Suzani von Wielligh
Waarna sien jy die heel meeste uit as Welpie van 2025?
Nuwe vriende, nuwe skool en ontgroening.

As jy vir die res van jou lewe net een tipe kos kon eet, wat sou dit wees?
Sushi

Veronderstel jou lewe is 'n videospeletjie. Wat is die naam van die speletjie en wat is jou spesiale vermoë?
Die Legende van Suzani, “mind reading”

As jy 'n reël of wet kon maak wat almal in die wêreld vir een dag moes volg, wat sou dit wees?
Niemand mag rook nie

‘n Helpie is sinoniem met…
Gelukkig

As jy enige karakter uit 'n film of boek vir 'n dag kon wees, wie sou jy wees en hoekom?
Maleficent. Sy het baie mag en gebruik dit om alles en almal waarvoor sy lief is te beskerm

Jy word die geleentheid gegee om enige liedjie te speel. Watter liedjie kies jy?
Trustfall van Pink