| Lucy van Loggerenberg Om vir myself die Helpie-atmosfeer te ervaar. As jy vir die res van jou lewe net een tipe kos kon eet, wat sou dit wees? Spaghetti Bolognese Veronderstel jou lewe is 'n videospeletjie. Wat is die naam van die speletjie en wat is jou spesiale vermoë? Find your way - Tydmanipulasie As jy 'n reël of wet kon maak wat almal in die wêreld vir een dag moes volg, wat sou dit wees? Wet op die Aanneming van Weesdiere: Alle weesdiere moet aangeneem word en 'n liefdevolle huis kry. Die regering moet sorg vir die implementering van hierdie wet en oortreding sal streng bestraf word. ‘n Helpie is sinoniem met… Familie As jy enige karakter uit 'n film of boek vir 'n dag kon wees, wie sou jy wees en hoekom? Enola Holmes - want sy is onafhanklik, intelligent en uniek. Jy word die geleentheid gegee om enige liedjie te speel. Watter liedjie kies jy? Big Jet Plane - Braaten, Victor Perry |