| Anzaret Strauss Om nuwe vriende te maak en ander mense te leer ken As jy vir die res van jou lewe net een tipe kos kon eet, wat sou dit wees? Braaibroodjies en skaaptjops Veronderstel jou lewe is 'n videospeletjie. Wat is die naam van die speletjie en wat is jou spesiale vermoë? Tokolossie ~ om te kan teleport As jy 'n reël of wet kon maak wat almal in die wêreld vir een dag moes volg, wat sou dit wees? Dat kinders bo 12 wat kán bestuur, wel n kar mag ry ‘n Helpie is sinoniem met… Uithouvermoë As jy enige karakter uit 'n film of boek vir 'n dag kon wees, wie sou jy wees en hoekom? Mike Lowrey, uit die film “Bad Boys” omdat hy n baie cool, opwindende werk het as n detective en waar hy op sy avonture gaan. En natuurlik is sy bestuursvenuf uit die boonste rakke Jy word die geleentheid gegee om enige liedjie te speel. Watter liedjie kies jy? Toer Om Die Vloer~deur Brendan Peyper |