| PG Moolman Al die nuwe dinge wat Hoërskool bring As jy vir die res van jou lewe net een tipe kos kon eet, wat sou dit wees? Fillet Veronderstel jou lewe is 'n videospeletjie. Wat is die naam van die speletjie en wat is jou spesiale vermoë? Exceptional - om enige iets te bemeester waarop ek fokus As jy 'n reël of wet kon maak wat almal in die wêreld vir een dag moes volg, wat sou dit wees? Dat jy alle vuilgoed wat jy sien optel. ‘n Helpie is sinoniem met… N hardwerkende, gefokusde persoon wat die lewe geniet. As jy enige karakter uit 'n film of boek vir 'n dag kon wees, wie sou jy wees en hoekom? Batman - hy het nie ‘super powers’ nie maar gebruik sy eie vermoens om steeds mense te help Jy word die geleentheid gegee om enige liedjie te speel. Watter liedjie kies jy? Meisie sonder sokkies - David Kramer |