Ariel Meij
Waarna sien jy die heel meeste uit as Welpie van 2025?
Om deel te wees van die skool

As jy vir die res van jou lewe net een tipe kos kon eet, wat sou dit wees?
Hoender en rys met slaai aan die kant

Veronderstel jou lewe is 'n videospeletjie. Wat is die naam van die speletjie en wat is jou spesiale vermoë?
MagicMan en dit sou telekinese wees

As jy 'n reël of wet kon maak wat almal in die wêreld vir een dag moes volg, wat sou dit wees?
Almal moet die bokke ondersteun

‘n Helpie is sinoniem met…
Trots

As jy enige karakter uit 'n film of boek vir 'n dag kon wees, wie sou jy wees en hoekom?
Spiderman omdat hy alles in sy vermoë doen om almal te red asook om ‘n slim leerder te wees

Jy word die geleentheid gegee om enige liedjie te speel. Watter liedjie kies jy?
Staying Alive