| Mia Marais Ek sien uit na ALLES!!!! As jy vir die res van jou lewe net een tipe kos kon eet, wat sou dit wees? My ma se kos!!! Veronderstel jou lewe is 'n videospeletjie. Wat is die naam van die speletjie en wat is jou spesiale vermoë? "Where's Mia" Ek het 'n ongelooflike vermoë – ek kan teleport! Een oomblik is ek hier, en die volgende oomblik kan ek enige plek op die aarde wees. Die lekkerste deel daarvan? Mense moet raai waar ek nou kuier. Elke keer as ek verdwyn, gee ek 'n leidraad As jy 'n reël of wet kon maak wat almal in die wêreld vir een dag moes volg, wat sou dit wees? Alle sushi- en doughnutwinkels en restaurante kondig aan dat hul spyskaarte vir die hele dag verniet is! ‘n Helpie is sinoniem met… Harde werk! As jy enige karakter uit 'n film of boek vir 'n dag kon wees, wie sou jy wees en hoekom? Merida - Brave. Sy is inspirerend: "Haar blote hardkoppigheid en die wil wat sy het om dinge reg te maak en haar vrese te oorkom, laat my net wil uitsonderlik wees." Jy word die geleentheid gegee om enige liedjie te speel. Watter liedjie kies jy? "Ek Sweer" deur Twee |