| Taniqué jansen van Rensburg Nuwe maats, nuwe uitdagings en deel wees van die Helpies kultuur en sport. As jy vir die res van jou lewe net een tipe kos kon eet, wat sou dit wees? Slaai Veronderstel jou lewe is 'n videospeletjie. Wat is die naam van die speletjie en wat is jou spesiale vermoë? Ek ken nie regtig video speletjies nie, so seker Mario Bros, want ek kan die prinses gaan red. As jy 'n reël of wet kon maak wat almal in die wêreld vir een dag moes volg, wat sou dit wees? Niemand mag sleg praat oor ander, skinder of spot nie. ‘n Helpie is sinoniem met… Familie As jy enige karakter uit 'n film of boek vir 'n dag kon wees, wie sou jy wees en hoekom? Sarah Connor van Terminator, ek wil graag die wêreld red. Jy word die geleentheid gegee om enige liedjie te speel. Watter liedjie kies jy? Soul on fire van All sons and daughters |