Marí-Lize Jacobs
Waarna sien jy die heel meeste uit as Welpie van 2025?
Die akademie en om nuwe vriende te maak.

As jy vir die res van jou lewe net een tipe kos kon eet, wat sou dit wees?
Vrugte/ Berries / Oreo koekies

Veronderstel jou lewe is 'n videospeletjie. Wat is die naam van die speletjie en wat is jou spesiale vermoë?
Puppy-dise. Om met diere te kan kommunikeer en verstaan.

As jy 'n reël of wet kon maak wat almal in die wêreld vir een dag moes volg, wat sou dit wees?
Almal moet vir 'n dag 'n pajama dag hou, eet roomys vir ontbyt en spandeer tyd saam met jou familie en naastes.

‘n Helpie is sinoniem met…
Trots & integriteit

As jy enige karakter uit 'n film of boek vir 'n dag kon wees, wie sou jy wees en hoekom?
Stacey De Nova van "The Princess Switch". Sy speel 3 verskillende karakters in een fliek wat haar diversiteit ten toon stel.

Jy word die geleentheid gegee om enige liedjie te speel. Watter liedjie kies jy?
Green green grass (sped-up) deur George Ezra