| Eduanne Huyser Om nuwe tradisies en nuwe mense te leer ken. Ek hou van nuwe ervaringe. As jy vir die res van jou lewe net een tipe kos kon eet, wat sou dit wees? Enige braaivleis soos skaap tjops. Veronderstel jou lewe is 'n videospeletjie. Wat is die naam van die speletjie en wat is jou spesiale vermoë? Ek sou in ‘n karre resies speletjie wees en ek sou baie goed kon ry. As jy 'n reël of wet kon maak wat almal in die wêreld vir een dag moes volg, wat sou dit wees? Eendag wat alle fone en skerms vermy moet word sodat almal net die buite lug kan geniet. ‘n Helpie is sinoniem met… ‘n Goeie, hardwerkende persoon wat hul beste gee en ander help. As jy enige karakter uit 'n film of boek vir 'n dag kon wees, wie sou jy wees en hoekom? Iron man. Hy help ander mense en is baie inspirerend en is ‘n slim denker. Jy word die geleentheid gegee om enige liedjie te speel. Watter liedjie kies jy? Hardekole. Ek luister dit graag as ons gaan jag en dit beteken baie vir my. |