| Chanel de Jager Om nuwe vriende te maak, dinge te leer en te ervaar en laastens, om allerande aktiwiteite deel te neem. Om te groei. As jy vir die res van jou lewe net een tipe kos kon eet, wat sou dit wees? Dit moet Italiaanse kos wees, soos pasta en pizza Veronderstel jou lewe is 'n videospeletjie. Wat is die naam van die speletjie en wat is jou spesiale vermoë? Die speletjie sal 'Twee in Een' genoem word waar ek beide 'n gewone mens en super hero is. My spesiale vermoë sal wees om te kan vlieg. As jy 'n reël of wet kon maak wat almal in die wêreld vir een dag moes volg, wat sou dit wees? Dat almal in harmonie met mekaar kan saam lewe sonder enige konflik. ‘n Helpie is sinoniem met… Harde werk en deursettingsvermoë As jy enige karakter uit 'n film of boek vir 'n dag kon wees, wie sou jy wees en hoekom? Katniss Everdeen van die Hunger Games. Sy is baie braaf en onafhanklik. Jy word die geleentheid gegee om enige liedjie te speel. Watter liedjie kies jy? Close to you deur Gracie Abrams |