| Inge de Heus Ek sien daarna uit om nuwe mense te leer ken en my klas te leer ken. As jy vir die res van jou lewe net een tipe kos kon eet, wat sou dit wees? Sushi Veronderstel jou lewe is 'n videospeletjie. Wat is die naam van die speletjie en wat is jou spesiale vermoë? Like a dino, jy het nie rêrig ? spesiale vermoë nie, maar jy luister heeldag na oulike liedjies. As jy 'n reël of wet kon maak wat almal in die wêreld vir een dag moes volg, wat sou dit wees? Almal moet vir ? dag lank probeer om met ten minste een ander mens ? taal anders as hulle huistaal te praat. ‘n Helpie is sinoniem met… Selfuitdrukking As jy enige karakter uit 'n film of boek vir 'n dag kon wees, wie sou jy wees en hoekom? Ek sou Rory Gilmore uit Gilmore Girls wees. Sy is slim, het ? baie lekker lewe in die klein dorpie waar sy bly en sy weet wat sy wil bereik. En sy drink baie koffie. Jy word die geleentheid gegee om enige liedjie te speel. Watter liedjie kies jy? Sunshine One Republic |